Welcome

Let's have some fun together!

Thursday, March 8, 2012

Europa steun SA se boere | http://m.news24.com/nuus24/Wereld/Nuus/Europa-steun-SA-se-boere-20120307 #Nuus #OPA

Europa steun SA se boere

By: Leopold Scholtz2012-03-07 07:02
Den Haag – Die Europese Parlement het die plaasmoorde in Suid-Afrika veroordeel.

Drie regse lede van die parlement het die voortou vir die verklaring geneem.

Hulle is Philip Claeys van die Vlaams Belang (België), Aldreas Mölzer van die Vrye Party van Oostenryk (FPÖ) en Fiorello Provero van die Lega Nord (Italië).

Wat egter vir Suid-Afrika van groot belang is, is dat dit breë steun oor die meeste politieke grense heen gekry het. Dit is onderteken deur 48 lede van 19 lidstate.

Onder hulle is liberale, Christen-demokrate, sosialiste, konserwatiewe, onafhanklikes en selfs 'n lid van die kommunistiese koukus. Die Groenes was die enigste koukus waar niemand dit wou teken nie.

In die verklaring word gewys op die stelselmatige karakter van die aanvalle op die wit boere. Die Suid-Afrikaanse regering word versoek om dringende maatreëls te tref om die boere se veiligheid te verbeter.

Een van die ondertekenaars, Derk Jan Eppink – 'n Nederlander wat namens Vlaamse kiesers in die Europese Parlement sit – het aan Beeld verduidelik hy het dit gedoen omdat die plaasmoorde in Suid-Afrika veels te min aandag in die Europese media kry.

"Baie mense dink dit sal wel die boere se eie skuld wees omdat hulle hul werkers mishandel. Dit is nie die geval nie; die meeste behandel hulle goed en stuur selfs die kinders skool toe.

"Die morele verontwaardiging in Europa oor byvoorbeeld die lot van die Brasiliaanse Indiane is veel groter as dié oor die plaasmoorde in Suid-Afrika. Dit moet end kry."

Eppink het gesê dis goed dat die verklaring oor so 'n breë politieke spektrum gesteun is. "Ek hoop dat die verklaring ook die grondslag vir die betrekkinge tussen die Europese Unie en Suid-Afrika kan word."  

Van:
2012-03-08